Die Sentraal area is Heidelberg se middedorp. Daar is lieflike ou geboue (Victoriaanse styl), besighede (4 groot sakesentrums), Dokters, Tandartse, Die Suikerbos Mediese Kliniek, Gastehuise, Die Sebideng College Campus, een Laerskool en een Hoërskool. Die huispryse wissel vanaf R 700 000 tot en met R 1 miljoen.